Daar is baie maniere om jou gesondheid te verbeter en beter te lyk,
of dit nou ’n gebalanseerde dieet, oefening of ’n spanningsvrye leefstyl is, maar met ’n eenvoudige koppie tee kan jy baie probleme hanteer.
Die span van Tetley-tee sê dat kamilletee, wat propvol antioksidante
is, die antwoord is om meer jeugdig voor te kom én gesonder te wees.
Hier onder deel Tetley ses wetenskaplike maniere hoe jy met kamilletee jou gesondheid en voorkoms kan verbeter:

1. Kamilletee bestaan uit drie natuurlike verbindings – bisoprolol, chamazuleen en apigenien – wat almal bekend is daarvoor dat hulle die vel kalmeer en streel. Met tyd word jou vel dunner en meer sensitief en hierdie verbindings is dus veral voordelig soos jy ouer word.

2. Die kragtige antioksidante in kamilletee, soos polifenole, flavonoïede en fitochemikalieë, beskerm die liggaam teen vrye-radikale-skade wat stres kan veroorsaak en vroeër veroudering tot gevolg het.

3. ’n Gebrek aan hidrasie is een van die groot redes waarom jou vel verouder en is die oorsaak van onder meer plooie en donker kringe onder jou oë. Een van kamilletee se eienskappe wat hiervoor kan help, is dat dit jou hidreer en dus die vel vernuwe en nuwe lewe daarin blaas. Die resultaat is ’n meer jeugdige blos

5. Die antioksidante in kamilletee wat teen vrye radikale beskerm, help ook om die vel teen omgewingstres, soos besoedeling en strawwe weer, te beskerm. Dit help voorkom donker kolle en droogheid wat tot voortydige veroudering kan lei.

6. As jy met slaap sukkel, is kamilletee beslis die antwoord. Die tee se antioksidante kan die gehalte van jou slaap verbeter. Die antioksidant apigenien verbind aan sekere reseptore in die brein wat jou slaap kan verbeter en slaaploosheid kan verminder. Dit is baie belangrik om goed te slaap, want dit bevorder algehele funksionering en welstand. ’n Koppie kamilletee voor jy gaan slaap is ’n goeie manier om te ontspan, lekker te slaap en meer gesond te wees.

“Veroudering is ’n proses waardeur almal moet gaan, maar ons kan die natuurlike verouderingsproses beter ondersteun deur noukeurig te oorweeg wat ons eet en drink.
“Kamilletee word al eeue lank as deel van ’n gesonde dieet gedrink en die voordele is uitgebreid – van beter slaap en spysverteringsondersteuning tot verminderde inflammasie, wat alles bydra tot ’n beter vel en beter algehele gesondheid,” sê Candice Sessions, Tetley se bemarkingsbestuurder.
Volgens haar is die gesonde veroudering deur ’n gesonde dieet en gebalanseerde leefstyl, wat natuurlik ’n daaglikse koppie kamilletee insluit, die geskenk wat ons onsself kan gee.
First published on Netwerk24.
